InfoBonnievale

How to find Sonskyn Kothuis

Want to book?

Get a quote

from ZAR R825

Per cottage per night

SONSKYN COTTAGES

Sonskyn Cottage 1 is ‘n kothuisie ongeveer 4,3 km vanaf Bonnievale. Die kothuis is ideaal vir reisigers wat opsoek is na gerieflike verblyf oppad na hul volgende bestemming. Geniet die natuur op die voorstoep en uitsig oor die Breerivier. Herlaai jou batterye met ‘n stap tussen die wingerde of ‘n vuur wat brand in die binne-  of buitebraai.

Die kothuis beskik oor 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het ‘n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is ‘n familie badkamer met ‘n stort. Alle linne en handdoeke word voorsien.

Die kombuis is met volledige toerusting en breekware toegerus.

Daar is ‘n lieflike dam ongeveer 150m van die kothuis waar gaste kan swem, visvang of kanovaar. Welkom-koffie, -tee, -suiker en -melk word voorsien. Wi-Fi is beskikbaar.

 

Sonskyn Cottage 2 is ‘n lieflike selfsorgkothuis op ‘n plaas 4,3 km buite Bonnievale. Die kothuis is ideaal vir gaste wat gerieflike verblyf soek.

Die tweeslaapkamerkothuis is geskik vir 6 gaste. Die hoofslaapkamer het ‘n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is nog ‘n dubbelslaapbank in die sitarea. Die gaste deel ‘n badkamer met ‘n stort. Linne en handdoeke word voorsien.

Die kombuis is met ‘n yskas-vrieskas, stoof, oond en ‘n mikrogolfoond toegerus en die leefarea het gemaklike sitplek, ‘n TV en ‘n ingeboude braai. Gratis WiFi is ook beskikbaar.

Die kothuis lei na ‘n privaat stoep waar gaste kan ontspan terwyl hulle die plaasuitsig bewonder. Buite is daar nog ‘n braai-area en ‘n dam waar gaste kan swem, visvang en kanovaar.

Home » Bonnievale Accommodation » Sonskyn Kothuis